Hierdie metode word vir ouers of voogde wat graag wil tred hou met die vordering van leerders, aanbeveel.
Let wel: Die ouer/voog en leerder moet elk sy eie eposadres hê.
Kliek op "REGISTREER" op die tuisblad
Kies "No" vir Do you have a voucher number?
Stap 1: Parent Details
Dit is waar die ouer sy/haar besonderhede invul.
Die ouer se eposadres is sy/haar gebruikersnaam en hy/sy kies sy/haar eie wagwoord.
Let Wel: Die ouer het nie toegang tot die lesse nie.
Stap 2: Learner Details
Dit is waar die leerder se besonderhede ingevul word. 'n Ouer kan tot 3 leerders registreer.
Let wel: Die leerder kan nie dieselfde eposadres as die ouer hê nie. As die leerder nie 'n eposadres het nie, kan hy/sy een by gmail, yahoo, ens. gratis opstel.
Die leerder se eposadres is sy/haar gebruikersnaam en hy/sy kies sy/haar eie wagwoord.
Stap 3: Summary
In hierdie stap sal jy 'n opsomming van jou registrasie besonderhede sien.
Stap 4: Payment
In hierdie stap word jy na die PAYFAST webtuiste gestuur. Betaling kan met behulp van 'n kredietkaart of direkte oorplasing van jou bank gedoen word.
Let wel: Moet nie die webblad hier toemaak nie, want in die laaste stap word jy terug na ons webtuiste gestuur.
PS: Indien jy probleme ondervind om deur PAYFAST te betaal, stuur gerus vir ons 'n epos na info@youcandomaths.co.za en versoek ons bankbesonderhede. Ons sal dan jul lidmaatskap aktiveer sodra die bewys van betaling ontvang is.
______________________________________________________________
Met hierdie metode word slegs een eposadres verlang en dit word vir volwasse of selfstandige leerders aanbeveel. Betaling word direk aan ons via EFT, kontant deposito by 'n FNB ATM of "money order" gedoen.
Om die koopbewys te bekom, moet jy eers die volgende doen.
1. Stuur 'n epos na info@youcandomaths.co.za met jou naam, die tipe (1, 3, 6, 9 of 12 maande) en aantal koopbewyse verlang.
2. Ons sal dan vir jou die bankbesonderhede epos.
3. Jy maak 'n betaling en stuur vir ons die bewys van betaling.
4. Ons stuur vir jou die koopbewys-nommer(s).
Wanneer jy die koopbewys-nommer ontvang het, kliek op "REGISTREER" op die tuisblad.
Kies "Yes" vir Do you have a voucher number?
Tik die koopbewys-nommer in en kliek "Continue".
Stap 1: Learner details
Die leerder se eposadres is sy/haar gebruikersnaam en hy/sy kies sy/haar eie wagwoord.
Stap 2: Voucher details
Die sisteem bevestig die geldigheid van die koopbewys en gee 'n opsomming daarvan.
Stap 3: Redeem Voucher
Wanneer jy op Redeem Voucher kliek, word jy op die sisteem geregistreer en het jy onmiddellik toegang tot die lesse.
Maak ook asseblief seker julle lees www.youcandomaths.co.za/how-the-program-works