Ouers en Voogde

A. Indien jy deur ons webtuiste geregistreer het en deur PAYFAST betaal het:

Die ouer teken in met sy/haar besonderhede. Onthou jou epos-adres is jou gebruikersnaam, en as jy jou wagwoord vergeet het, kan jy 'n nuwe een aanvra.

Sodra jy ingeteken het, kan jy vandaar hernu.

B. Indien jy 'n koopbewys-gebruiker is:

Koop 'n nuwe koopbewys by ons deur 'n epos na info@youcandomaths.co.za te stuur.
 

Ons doel is om . . .
  • verantwoordelikheid aan te moedig
  • leerders deur sukses te motiveer
  • wiskunde meer genotvol te maak
  • die onderwyser te ondersteun
  • om kwaliteit wiskundelesse teen 'n billike prys aan te bied

Ons glo dat YouCanDoMaths kan leerders van alle vlakke help. Leerders wat met wiskunde sukkel kan teen hul eie pas werk terwyl begaafde leerders, met behulp van hierdie program, begrippe verder kan versterk.
 

Ons het die naam gekies, want ons glo dat almal, met die korrekte onderrig, harde werk en 'n positiewe gesindheid, beslis wiskunde kan slaag.
 

Ekstra wiskunde lesse, teen ongeveer R200 per uur, is geweldig duur. Ons het besluit om vanaf R120 per maand (as jy vir 'n jaar vooruit betaal) tot 'n maksimum van R360 per maand (as jy maandeliks betaal) te vra om sodoende hulp met wiskunde binne meeste mense se bereik te plaas. Dit gee vir die leerder 24 uur per dag toegang.

  • Leerders kan die les stop en herhaal soveel keer as wat hulle wil
  • Dit gee vir die leerder tyd om begrippe in te neem en te verstaan
  • Leerders kan dus teen 'n tempo werk wat vir hulle gemaklik is
  • Die program is ideaal vir skaam leerders
  • Dit is ook ideaal vir leerders wat 'n vol buitemuurse program het
  • Alle inhoud is deur baie ervare wiskunde onderwysers geskryf
  • Alle inhoud is op die nuutste kurrikulum gebaseer
  • Dit dek alle werk vir Vraestel 1 en 2
  • Moedig asseblief jou kind aan om die program gereeld te gebruik

  • Moedig jou kind aan om die program so dikwels as moontlik te gebruik, nie net voor toetse en eksamens nie
  • Begin om die program vroeg in die jaar te gebruik, moet nie wag totdat daar probleme is nie
  • Stel belang in jou kind se vorderingsverslag - jy het toegang tot dit deur jou profiel
  • Skep 'n gemaklike omgewing vir jou kind om in te werk
  • Jou kind sal beter konsentreer as hy of sy oorfone gebruik
  • Dit is baie belangrik dat jou kind altyd 'n pen en 'n werkboek gebruik
  • As jou kind hard werk, genoeg tyd op die program spandeer en volhard, dan sal hy of sy sukses behaal
  • As ouer moet jy altyd 'n positiewe gesindheid teenoor wiskunde toon
  • Vertel altyd vir jou kind "Jy Kan Wiskunde Doen"
  • Maak seker dat jou kind NOOIT agter raak in wiskunde nie

  • Wiskunde help ons om te redeneer en logies te dink
  • Sukses in wiskunde bou selfvertroue
  • Wiskunde maak deure oop tot 'n groter beroepskeuse
  • Wiskunde is die vak wat die meeste in die wêreld gebruik word

  • As jou kind nie iets met die eerste probeerslag regkry nie, beteken dit nie dat hy of sy nie wiskunde kan doen nie
  • Sukses het te doen met die regte houding en harde werk
  • As jou kind agterraak in wiskunde is daar geen kitsoplossing nie, so maak seker dat hy of sy die program vroeg in die jaar begin gebruik

  • Leerders het nie die nodige selfvertroue om vrae te vra nie
  • Groot klasse maak dit moeilik vir onderwysers om individuele aandag aan leerders te gee
  • Onderwysers moet teen 'n vinnige tempo klasgee om die kurrikulum te voltooi
  • Daar is dus nie genoeg tyd om begrippe in te neem en vas te lê nie
  • Vol buitemuurse programme maak dit moeilik vir leerders om ekstra wiskunde lesse by te woon
  • Ekstra wiskunde lesse is baie duur

  • As jou kind om een of ander rede skool misgeloop het, is hierdie program ideaal om misgelope wiskunde lesse mee op te vang
  • Dis uiters belangrik dat jou kind nooit agterraak in wiskunde nie, want wikunde is 'n vak wat op vorige kennis bou

  • Vertel vir jou vriende van YouCanDoMaths
  • Kliek “like” op ons Facebook blad