Aan alle Skoolhoofde en Wiskundeonderwysers/tutors:
Ons weet almal hoe belangrik Wiskunde as vak is, hoe leerders daarmee sukkel en hoe moeilik dit is om ervare Wiskundeonderwysers/tutors te vind. Om hierdie uitdagings te oorbrug, wil YouCanDoMaths vir jou skool of tutor-senter die geleentheid bied om saam met ons te werk.
Ons het 'n spesiale skoolsisteem (die onderwyser-koopbewys) waardeur 'n onderwyser/tutor al sy/haar leerders kan registreer en in verskillende klasse kan sorteer. Die onderwyser/tutor het ook toegang tot die vorderingsverslag van al die leerders en kan dus altyd op hoogte wees van watter toetse die leerders gedoen het.
Indien skole of tutor-senters nie alle leerders wil betrek nie, maar slegs die program as voorbereiding en as hulp in die klaskamer vir onderwysers/tutors wil gebruik, kontak ons gerus by info@youcandomaths.co.za vir toestemming en kostes.
Hoekom YouCanDoMaths?
- dek die graad 7 tot 12 Wiskunde-kurrikulum
- ten volle in lyn met KABV
- lesse is goed gestruktureerd en tot die punt
- beskikbaar in Engels en Afrikaans
- ontwikkel deur ervare Wiskundeonderwysers
- sluit hersienningslesse in wat ideaal is vir toets- en eksamenvoorbereiding
- sluit hersienningstoetse met 3 vlakke (maklik, medium en moeilik) in
- tegnologie is ‘n belangrike deel van die opvoedingsproses
Hoe sal dit die onderwyser/tutor help?
- kan videolesse vir onderrig in die klas gebruik
- kan toetse wat deur die rekenaar gemerk word gee
- programinhoud is duidelik en gebruikersvriendelik
- sal voorbereidingstyd verminder
- van groot hulp vir onderwysers met min ondervinding
- die gebruik van tegnologie verbeter aandag en dissipline in die klas
- kontinuïteit vir leerders wanneer onderwysers bedank
Hoe sal dit die leerder help?
- leerders hou van tegnologie
- het 24/7 toegang tot die program
- kan inhaal op misgeloopte lesse
- leerders kan na vorige grade gaan om gapings te vul
- “swakker” leerders kan lesse herhaal soveel keer as wat hulle wil
- “sterker” leerders kan begrippe vaslê en kan moeilike hersienningstoetse gebruik om voor te berei vir die eksamen
- leerders kan teen hul eie pas werk
- ideaal vir leerders met baie buitemuurse aktiwiteite
- die notas som die inhoud op en bevat uitgewerkte voorbeelde
- die woordeboek gee goeie verduidelikings en bevat illustrasies waar nodig
Hoe sal dit die ouer help?
- sal die kostes vir ekstra klasse aansienlik verminder
- hoef nie rond te ry na en van ekstra klasse nie
Wat is nodig om die program te gebruik?
- internet toegang
- ‘n rekenaar, ‘n skootrekenaar, tablet of slimfoon
Vir meer inligting oor die program lees Hoe die Program werk, Meer oor die Program, Ouers en FAQ.
* Indien jy belangstel om YouCanDoMaths by jou skool of tutor-sentrum te inkorporeer, of om die program as voorbereiding te gebruik, stuur vir ons ‘n epos na info@youcandomaths.co.za vir toestemming, meer inligting en pryse.