Afgesien van die normale manier om vir YouCanDoMaths te registreer, wat jy deur die webtuiste doen deur op REGISTREER te kliek en dan deur PAYFAST betaal, het ons ook 'n koopbewys-stelsel.

Hier is hoekom:

  • Vir individue wat graag 'n kind wil borg. Koopbewyse vir 1, 3, 6, 9 en 12 maande is beskikbaar.
      Die pryse (BTW ingesluit) is:
      1 maand   – R360
      3 maande  – R580
      6 maande  – R875
      9 maande  – R1 200
      12 maande – R1 435

  • Vir skole wat ons program by hul leerders aanbeveel. Ons gee afslag vir grootmaat aankope indien die skool bereid is om te help met die admin, i.e. kollekteer van geld en uitdeel van koopbewyse. Kontak ons by info@youcandomaths.co.za vir meer inligting.
  • Vir maatskappye wat graag 'n skool of werkers se kinders wil borg. Die lengte en prys van hierdie koopbewyse is onderhandelbaar. Kontak ons gerus by info@youcandomaths.co.za 
  • Om YouCanDoMaths-koopbewyse by sekere winkels te verkoop. Ons sal jul op hoogte hou as dit beskikbaar word.
  • Om YouCanDoMaths-koopbewyse op die internet te verkoop. Ons sal jul op hoogte hou as dit beskikbaar word.

Koopbewyse is op die oomblik net by YouCanDoMaths beskikbaar.

Indien jy belangstel om dit te koop:

1. Stuur 'n epos na info@youcandomaths.co.za en sê watter lengte (1, 3, 6, 9 of 12 maande) en hoeveel koopbewyse jy verlang.
2. Ons sal dan ons bankbesonderhede vir jou stuur.
3. Sodra betaling ontvang is, stuur ons vir jou die koopbewysnommer(s).
 

  • Wanneer jy registreer, sal jy die vraag "Do you have a voucher number?” sien.
  • Kliek asseblief op “Yes” en tik die koopbewysnommer in.
  • Nadat dit suksesvol bevestig is dat die koopbewys geldig is, is die volgende stap om die leerder se besonderhede in te voer.
  • Die volgende stap is om op "Redeem Voucher" te kliek en jy het onmiddellik toegang tot die program.
  • Laastens word 'n bevestigings-epos na die leerder se epos (gebruikersnaam) gestuur.